Kommunistiese Party van China

Kommunistiese Party van China
中国共产党
Zhōngguó Gòngchǎndǎng
KPC
Logo van die betrokke party.
Embleem van die Kommunistiese Party van China

Leier Xi Jinping
Gestig 23 Julie 1921[1]
Nuusbrief People's Daily
Hoofkwartier Zhongnanhai, Beijing, Volksrepubliek China
Jeugvleuel Kommunistiese Jeugliga
Ideologie Kommunisme, Sosialisme met Chinese kenmerke, Marxisme-Leninisme
Internasionale affiliasie Internasionale Vergadering van Kommunistiese en Werkerspartye
Amptelike kleure Geel en rooi
Webblad cpc.people.com.cn
Die party se vlag

Die Kommunistiese Party van China (KPC) (Chinees, 中國共產黨 / 中国共产党, Zhōngguó Gòngchǎndǎng) is die party wat die Volksrepubliek China gestig het. Die party regeer sedertdien die land. Die party het tans 89,45 miljoen lede,[2] wat dit die tweede grootste politieke party in die wêreld maak na Indië se Bharatiya Janata Party.[3]

Die Kommunistiese Party van China is in 1921 gestig en is aanvanklik deur Chen Duxiu gelei, wat die algemene sekretaris van die sentrale komitee was. Vanaf 1943 tot 1982 was die hoogste posisie in die party die "voorsitter" gewees. In 1982 het die lede van die sentrale komitee gestem om die leier se titel weer na "algemene sekretaris" te verander. Xi Jinping is tans die party se algemene sekretaris.

  1. 1st. National Congress of The Communist Party of China (CPC).
  2. "Why the Communist Party is alive, well and flourishing in China". The Telegraph (in Engels (VK)). 31 Julie 2017. ISSN 0307-1235. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Junie 2018. Besoek op 26 Oktober 2017.
  3. Balachandran, Manu; Dutta, Saptarishi (31 Maart 2015). "Here's How the BJP Surpassed China's Communists to Become the Largest Political Party in the World". Quartz. Quartz.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search